Tuesday, September 30, 2008

Ek's nou 'n BABA, en nie meer 'n NEONAAT nie...


Gister het ek 4 weke oud geword. Presies 07:44 (so sê my pa). Hulle het my saggies wakker gemaak, so bietjie met my gespeel en gesels, en toe vir my gesing... Ek dink hulle is BAIE lief vir my.


In hierdie 4 weke het ek BAIE geleer. Soms is ek soet; dan noem my pa my 'n "engeltjie"...










Maar AL wat ek eintlik soek is kos (melk, of "nannas" soos my mamma dit noem. Ek gee hulle signals - ek trek my mond soooo, maar as hulle my ignore, dan het ek nog een trick.



Huil is 'n baie maklike manier om hulle aandag te kry, en hulle weet ook al presies wat ek nodig het as ek so skreeu. Mamma doen dit al in haar slaap, sonder om 'n oog oop te maak. Pappa slaap in elk geval elke nag deur... Soms noem hy my nie "Engeltjie" nie, maar "Joune" wanneer hy my vir my ma terug gee.

En as ek lekker gedrink het, dan word ek sommer maklik weer aan die slaap ...