Tuesday, September 9, 2008

Jan-Hendrik 1 week oud !!!

Gister was my seun 1 week oud. En ek moet erken - hy is 'n soet baba, en Marinda is 'n wonderlike ma. Sy't vir pappa gisteraand laat deurslaap. Ook maar goed so want pappa het dalk so effens te diep in 'n goeie bottel rooiwyn in geloer...


Hier 'n paar van gister se fototjies.



Ons pelle by die Maratonklub noem Jan-Hendrik "Nemo", omdat Marinda toe sy 5maande swanger was die Loskop Halwmaraton gaan hardloop het. In die fliek Finding Nemo is daar 'n stout dogtertjie wat vir Nemo in 'n sakkie rondskud, en die vriende het gedink dit is hoe Jan-Hendrik moes gevoel het vir 3 ure lank.