Friday, January 9, 2009

Pappa is besig om 'n paadjie in die tuin te bou. Die fotos is geneem op die 27'e Desember. Oom Jan in die Kaap verjaar vandag. Pappa en Mamma het vroeg opgestaan om vir hom te sing. Ek was reeds wakker. Ek het saam gesing, maar ek ken nie die woorde nie.

Mamma help om die paadjie in die tuin te verf met olie.
Ek kyk dat hulle mooi werk, en ek pas ook die muskietgoed op. Hulle het my nog steeds gebyt!



In die tuintjie is hierdie stamvrugboompie wat vanjaar die eerste keer vruggies dra.


Pappa het ook 'n moerse gat gegrawe en toe hierdie "Voëlsit"-boompie daarin geplant. Die voëls sit blykbaar op die boom omdat hy bessies dra. Mens kan glo die bessies eet, maar my Pa sê hy sal dit eerder nie probeer nie.