Sunday, March 29, 2009

Laas naweek in die bos !!

Ons het laas naweek lekker saam met ander vriende by Oom Jacques Hoffman en Tannie Daleen (ook nou Hoffman) in die bos gaan kuier. Ek het lekker gespeel met hulle honde - lyk meer soos groot muise (kom ons noem hulle maar "muis"honde). Een van hulle het my dummie gesteel.


Hier is die boshuisie waarin ons gebly het. My Pa het net sy kop geskud en iets geprewel van 'n beter kwaliteit lewe in die bos, of so iets. Hy het ook gesê hy mis nie 'n moer die TV, Zuma, Joost, en al daai ander strooi nie.