Monday, March 16, 2009

En toe verkoop my Pa my Ma se kar ...

My Pa en Ma het besluit ons het 'n hoër en groter kar nodig vir die gesin. My Pa reken, nou, uiteindelik, is hy flippen oud, want hy begin soek vir 'n stasiewa... Ek het darem vir 'n laaste keer op die kar se "bonnet" gesit.


My Pa leun teen die kar, en is ewe skielik bang om dit te krap. Dit het hom nie vroeër gepla nie, maar nou probeer hy mos die kar verkoop. Gelukkig het die kar 'n goeie kerk-gaande familie gekry - mense in ons gemeenskap - ons sal ons kar by die kerk sien.