Sunday, February 22, 2009

Ons kuier by Oom Andrew en Tannie Tanya !!

Ons het een aand by Oom Andrew en Tannie Tanya gaan slaap. Oupa en Ouma van Potch het vir my kom kuier. En almal was vreeslik bly om my weer te sien. Iets van 'kyk hoe groot het hy geword'. Ek stem saam, my Pa word groter by die dag...

Hier sit ek op Oupa se skoot. En ek is so cute so cute so cute. Ek sit maar versigtig want Oupa het 'n operasie gehad. Hy het sy naeltjie gebreek. Seker baie hard geval. Hy loop so bietjie moeilik - vooroor - soos 'n ou wat 'n probleem het ...

Hulle voer my droëwors stokkies waaraan ek dan suig en dan wil niemand daaraan vat nie.

En hier geniet ek Ouma Corrie se geselsskap, en skater van die lag. Voor dit het het ek vreeslik gehuil, want Pappa kon nie vinnig genoeg my pap vir my voer nie. Ek is nogal erg oor my pap.





Ek is die pragtigste kind in die wêreld, en ek is die hele dag gelukkig (of aan die slaap).