Dis pragtig in Nelspruit hierdie tyd van die jaar. Alles begin blom en daar is 'n oorvloed van kleure. Die voëls is mal oor die bessies in die wilde vyeboom, en daar is miljuisende heuningbye in die tuin. Die hadidas skyt op die dak, maar hulle doen dit in die winter ook.