Wednesday, October 29, 2008

'n Stil week ...

Die laaste week of so het ons vreemde weer in Nelspruit gehad. Soms was dit koud, en dit het 'n paar keer gereën. Een aand was dit baie koud en my ma het vir my hierdie sweater aangetrek. Almal het gedink ek is baie cute. My pa sê as jy 'n groot kop het, kry jy maklik koud. Hy sal weet...


Kyk hoe mooi is die motte in ons dorp. Dit lyk of daai oë reguit vir jou kyk.

Ons het vir Oom Pieter-hulle gaan kuier. Hy is besig om iets vreesliks te verduidelik - hy en pappa het seker politiek of patologie gepraat - dis ewe ernstige onderwerpe.

My pa en ek het 'n moelike week agter die rug - as ek wil slaap is hy wakker, en as hy wil slaap (of werk) is ek wakker. Ons sal nog ons timing reg kry. Pa sê hierdie is die mooiste foto wat hy die hele week geneem het.
Soms werk my dummy, maar niks kom by die real thing nie. Pa sê hy was gister lus en maak die dummy aan my gesig vas met iets, want sodra ek lekker suig (en stil is), dan spoeg ek hom uit.
Ek kan seker maar kies waaarmee ek aan die slaap wil word.
OK .. BYE
Jan-Hendrik