Die daglelie wat ons by Ouma in Potch gekry het. Hier in die Laeveld groei hulle baie beter, en die blomme word baie groter, so asof hulle hier hoort. Hierdie plant voor die garage is een van ons (ek en Marinda) oudste besittings. Ons het dit gekoop in die dae toe ons net in Krugersdorp in getrek het. Dit het langs ons TV in die huis gestaan, op 'n stadium 'n oorweldigende luis-infeksie gekry, en ek het dit basies buite gesit om daar dood te gaan. Lyk my al wat hy nodig gehad het was sonlig en vars lug. Die luise was weg na 'n week (sonder gif), en ons het al van sy kleintjies begin uitplant. Ek is net so lief vir hom as vir Naka.
Vir al die oumas en oupas, ooms en tannies, maatjies, en sommer ook die res van die wêreld - om dag tot dag te sien hoe pragtig ons kind is.
Wednesday, December 2, 2009
Ons tuin in die Somer - groen en bedompig!!!