Vir al die oumas en oupas, ooms en tannies, maatjies, en sommer ook die res van die wêreld - om dag tot dag te sien hoe pragtig ons kind is.
Tuesday, September 30, 2008
Die Kuhn'e het vir my kom kuier !!!
Dis skool vakansie en die Kuhn gesin het vir ons kom kuier. Pappa en Oom Alex het lekker gebraai en gepraat oor gholf (ek sal dalk eendag weet wat dit is).
Oom Alex sê dat ek goeie sterk bene en breë skouers het, so ek sal dalk eendag vir die Blou Bulle kan speel.
Pappa kan nie glo dat hy nie 'n mooi foto van Waldie ook geneem het saam met my nie. Sorry man.